Die hoof van die Georganiseerde Misdaad-eenheid, generaal Richard Shibiri, het glo R80 000 van die omstrede tendermagnaat en misdadiger, Vusimuzi “Cat” Matlala ontvang.
’n Speurder wat deel was van die span wat Matlala in Mei vanjaar in hegtenis geneem het, het gister voor die Madlanga-kommissie getuig dat Matlala ná sy inhegtenisneming die name begin onthul het van senior polisielede aan wie hy omkoopgeld betaal het.
Volgens getuienis is die bewerings vasgelê in ’n vier uur lange klankopname wat met Matlala se toestemming gemaak is.
Shibiri het glo dié ruime geskenk ontvang, nadat hy bevorder is, maar was glo nie gelukkig daarmee dat die geld met ’n elektroniese transaksie betaal is nie en wou die betaling in kontant hê.
Getuie C, van Gauteng se Teenintelligensie-eenheid, het getuig dat Matlala miljoene rande aan senior beamptes, wat Shibiri insluit, betaal het.
Ondanks hierdie ernstige bewerings is Shibiri steeds in sy pos as hoof van Georganiseerde Misdaad.
Fotokrediet: Katlego Jiyane/EWN
One Response
Hul moet almal onmidelik ontslaan word uit die polisie mag en aangekla word.