Luister nou

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Deur Redaksie

Graffiti se Topverkopers.

10 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp

9 Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver

8 Ingekluis – Tertius Janse van Rensburg

7 Anderkant die water – Ronel du Plessis

6 Historiese almanak – Albé Grobbelaar

5 Diereriem – Etienne van Heerden

4 Blinde kol – Martin Steyn

3 Beneweling van bloed – Pieter Stoffberg

2 Op Lig – Thilde Nel

1 Goedheid en guns – Sophia Kapp

 

Opwipsprokie: Raponsie – North Parade Publishing. R265, Human & Rousseau

https://graffitibooks.co.za/products/9780798186353

Raponsie woon hoog bo in ’n heks se toring. Sy ken geen ander lewe nie—totdat sy ’n goedhartige prins ontmoet wat haar wys hoe vryheid lyk.

In hierdie vertelling van die immergroen sprokiesverhaal vou die tonele voor jou in 3D oop. Elke bladsy is ’n nuwe avontuur met illustrasies wat jong lesers sal boei.
Verken die afgeleë toring, die digte woud en Raponsie en die prins se gelukkige einde in hierdie geliefde toevoeging tot die bekende Opwipsprokie-reeks.

 

Opwipsprokie: Pinocchio – North Parade Publishing. R265, Human & Rousseau

In ’n besige klein werkswinkel word ’n houtpop wonderbaarlik lewendig.

In hierdie vertelling van die immergroen sprokiesverhaal Pinocchio vou die tonele voor jou in pragtige 3D oop. Verken die gesellige werkswinkel en Pinocchio se opwindende wêreld terwyl die klassieke verhaal op ’n besondere manier tot lewe kom.

Hierdie nuwe uitgawe is die perfekte versamelstuk vir enige sprokiesliefhebber.

 

Tobie – Chris Vorster. R420, Protea

https://graffitibooks.co.za/products/9781485315995

In hierdie biografie (met outobiografiese neigings) gesels Tobie Cronjé in eenvoud – alhoewel soms diep filosofies – oor sy menswees en loopbaan.

Verskillende onderhoude met Tobie oor die afgelope vier jaar is geredigeer deur sy vriend Chris Vorster om Tobie sover moontlik – veral as hy gesels oor sy kinderjare – direk aan te haal. Hier en daar voeg Vorster konteks by deur mede-akteurs en vriende of familie se wyshede, maar die inhoud en geselstrant is ten volle Tobias Jurgens Cronjé!

Tobie: “Hoe ouer mens word, hoe meer waardevol raak tyd. Jy moet dan juis nie tyd mors op twak nie. Iemand wat my biografie lees se grootste uitgawe is nie die aankoopprys nie, maar die tyd wat daai arme mens aan die lees spandeer. Dit moet die moeite werd wees … op verskeie vlakke. Dit moet seker inspirerend wees, en mense moet miskien iets daaruit leer (as hulle wil) … so, twee van die grootste lesse wat ek al in my lewe geleer het is om jou naaste lief te hê soos jouself, en om nie te eet terwyl jy nies nie.”

 

Goedheid en guns – Sophia Kapp. R350, Boekdiva Uitgewers

https://graffitibooks.co.za/products/9781048336634

Die tweede storie in die reeks oor die Barnardmeisies is hier!

Sy is by ’n kruispad, hy is met sy rug teen die muur: Mari Barnard se loopbaan as model is verby, en sy het so hard gewerk aan plan A dat sy nooit aandag gegee het aan plan B nie. Sy is een-en-dertig en skielik is sy werkloos, en rigtingloos.

Dawid McGregor is radeloos. Lily-lief, sy oorlede broer se dogtertjie, is in sy sorg, maar skielik wil haar vervreemde ma beheer en toesig oor haar hê. Nie net gaan hy hierdie kind verloor nie, hy gaan die helfte van sy plaas verloor as haar ma Lily se aandeel daarin verkoop.

Van daardie helder oomblik in die Kompanjiestuin toe hulle mekaar die eerste keer gesien het, het sy geweet dit is so bestem: Hierdie man en hierdie kind is haar rede. Maar Dawid is ’n man van min woorde en lang stiltes – iemand wat nooit geleer het hoe om te vertrou nie, iemand wat stom gelaat is deur die ontberings van die verlede.

Gaan Mari Barnard, met haar eerlikheid en emosionele onverskrokkenheid hierdie man kan bereik, of is die houe wat die lewe uitgedeel het net te seer en die littekens te diep? Goedheid en guns is ’n diep menslike verhaal wat in elke Sophia Kapp-aanhanger se smaak gaan val.

 

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag. Om te kwalifiseer vir ’n ekstra 10% afslag, tik die kodewoord PTAFM in wanneer jy jou bestelling plaas.

 

KOMPETISIE – Drie gelukkige lesers kan elkeen ’n R300-Graffiti-geskenkbewys wen.

 

KOMPETISIE

Antwoord die volgende vraag:

Wie het Goedheid en guns geskryf?

 

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997

Inskrywings sluit Maandag 26/10/2026

 

Die wenners sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

 

Alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

 

Wenner 17-10-2026

Liezel Cornelius – Polokwane

Johan van Rooyen – Leeupoort

Breggie Taljaard – Kempton Park

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-89-23-Okt-2026-1.pdf

Gewilde Nuus

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Brandstof

Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Fotokrediet: VF Plus

Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: BusinessTech
eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban
ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer
Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek
Brandstof
Godongwana kondig verligting by die pompe aan
Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Luister nou