Luister nou

Die DA wil dringend vergadering oor die brandstofprysverhoging

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA vra dat die parlement vandag dringend vergader om die komende brandstofprysverhoging te bespreek.

Die parlement is eintlik vir die week gesluit voor die Paasnaweek en sal eers weer op 21 April sit.

Die DA-LP Mark Burke het egter aan die Speaker, Thoko Didiza, geskryf en versoek dat ’n spesiale sitting gehou word oor dié saak van nasionale belang.

Die party sê dit is onaanvaarbaar dat die parlement sluit terwyl Suid-Afrikaners ’n skerp styging in brandstofpryse moet trotseer.

Intussen het die minister van finansies, Enoch Godongwana, gesê ’n kabinetskomitee ondersoek die uitwerking van die konflik in die Midde-Ooste en die styging in oliepryse.

Die DA glo egter die proses is te stadig en doen ’n beroep dat die brandstofheffings met 50% verminder word, wat volgens hulle ’n besparing van R3,16 per liter kan beteken.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Times of Eswatini

Madlanga wys aansoek van Vusimuzi “Cat” Matlala van die hand

Fotokrediet: BBC

Wares verskyn vandag in Wynberg

Innibos 3

Dit is weer kuiertyd op Kaapschehoop by die Innibos Boekenaweek

Boek 3

Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Boer tot bord

Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere

Ander Nuus Artikels

Betoging - March and March
Binnelandse Sake oorskry deportasiebegroting
Fotokrediet: Medium
Skaars haai spoel in die Weskus uit
Mponeng-myn
WNNR toets KI-toepassing vir rotsveiligheid in mynbou
Fotokrediet: Times of Eswatini
Madlanga wys aansoek van Vusimuzi “Cat” Matlala van die hand
Fotokrediet: BBC
Wares verskyn vandag in Wynberg

Luister nou