Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende

Die DA stel alternatiewe plan vir die ANC se “transformasie-fonds” bekend

Die DA het vanoggend ‘n alternatiewe plan vir die ANC se sogenaamde transformasiefonds bekend gestel om ekonomiese groei- en werkskepping te verseker.

Volgens die DA beskou hulle dié fonds van R100-miljard-rand as ‘n mislukte plan vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), wat net ryk mense ryker sal maak en weereens vergeet van die werkers.

Die party se woordvoerder oor handel, nywerheid en mededinging, Toby Chance, sê die ANC se fonds keer ekonomiese groei deur op ras te fokus, en nie op belegging of werkskepping nie.

Volgens Chance het die DA sy alternatiewe plan vanoggend aan die departement van handel, nywerheid en mededinging oorhandig.

Hy meen die ANC se sogenaamde transformasiefonds het die verkeerde aandag getrek weens die feit dat dit onprakties is. Volgens Chance dui onlangse data daarop dat sommige Suid-Afrikaners gekant is teen BBSEB omdat dit na 20 jaar steeds nie suksesvol geïmplementeer kon word nie.

Van die ander redes wat gegee is waarom die DA die ANC se transformasie-plan verwerp is omdat die regering nog nie daarin kon slaag om mense ekonomies te versterk nie, en verder is 8-miljoen mense in Suid-Afrika werkloos.

Chance meen die beste manier om mense te bemagtig is om ‘n ekonomie daar te stel wat werkskepping verseker. Volgens hom kan daar nie transformasie sonder groei plaasvind nie.

Hy sê die DA se plan sal fokus op vaardigheidsontwikkeling, beter onderrig en die uitroei van korrupsie en misdaad.

Die party stel verder voor dat daar ‘n onafhanklike hersiening is van die BBSEB en sy regulasies is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Landbou met Dian

Maandae tot Vrydae
12:30 - 13:00

Luister nou

Volgende