Luister nou

Die DA stel alternatiewe plan vir die ANC se “transformasie-fonds” bekend

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die DA het vanoggend ‘n alternatiewe plan vir die ANC se sogenaamde transformasiefonds bekend gestel om ekonomiese groei- en werkskepping te verseker.

Volgens die DA beskou hulle dié fonds van R100-miljard-rand as ‘n mislukte plan vir Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), wat net ryk mense ryker sal maak en weereens vergeet van die werkers.

Die party se woordvoerder oor handel, nywerheid en mededinging, Toby Chance, sê die ANC se fonds keer ekonomiese groei deur op ras te fokus, en nie op belegging of werkskepping nie.

Volgens Chance het die DA sy alternatiewe plan vanoggend aan die departement van handel, nywerheid en mededinging oorhandig.

Hy meen die ANC se sogenaamde transformasiefonds het die verkeerde aandag getrek weens die feit dat dit onprakties is. Volgens Chance dui onlangse data daarop dat sommige Suid-Afrikaners gekant is teen BBSEB omdat dit na 20 jaar steeds nie suksesvol geïmplementeer kon word nie.

Van die ander redes wat gegee is waarom die DA die ANC se transformasie-plan verwerp is omdat die regering nog nie daarin kon slaag om mense ekonomies te versterk nie, en verder is 8-miljoen mense in Suid-Afrika werkloos.

Chance meen die beste manier om mense te bemagtig is om ‘n ekonomie daar te stel wat werkskepping verseker. Volgens hom kan daar nie transformasie sonder groei plaasvind nie.

Hy sê die DA se plan sal fokus op vaardigheidsontwikkeling, beter onderrig en die uitroei van korrupsie en misdaad.

Die party stel verder voor dat daar ‘n onafhanklike hersiening is van die BBSEB en sy regulasies is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Fotokrediet: InsureMyTrip

Daar heers onsekerheid oor die VSA se visumbeperkings

Fotokrediet: eNCA

Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg
Ernst Roets
Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Luister nou