Die minister van finansies, Enoch Godongwana sal op 21 Mei sy derde begroting vir die jaar in die parlement ter tafel lê.
Hy het die aankondiging vroeër tydens ‘n mediakonferensie gemaak. Hy het ook tydens die konferensie die tegniese proses verduidelik wat nou met die begroting gevolg moet word.
Volgens Godongwana sal daar tussen nou, en die 21ste Mei formele gesprekke oor die begroting plaasvind. Hy het tydens die konferensie gesê dat die vertraging ‘n teken is dat daar ‘n groter behoefte vir openbare deelname is oor die land se fiskale toekoms.
Hy sê hy sal ook seker maak dat die kabinet saam stem met die begroting, en sal vir elke party ‘n gelyke kans gun om hulle stemme te laat hoor. Godongwana het benadruk dat die BTW op 15% sal bly.
📢 ANNOUNCEMENT: 2025 Budget Re-Tabling
Minister of Finance, Enoch Godongwana, will re-table the 2025 Budget Review on Wednesday, 21 May 2025.
Key updates: 💸 VAT will remain at 15% — the proposed 0.5% increase has been withdrawn.
📊 The new budget includes:Fiscal Framework… pic.twitter.com/XemRCqJKH6
— South African Government (@GovernmentZA) April 30, 2025