Meer as 18 miljoen Suid-Afrikaners is afhanklik van staatstoelaes, terwyl die regering jaarliks meer as R280-miljard daaraan bestee.
Die waarnemende minister van maatskaplike ontwikkeling, Sindisiwe Chikunga, het die departement se begroting van R302-miljard vir die 2026/27-boekjaar in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.
Die grootste deel, sowat R293-miljard, gaan aan maatskaplike toelaes vir die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, insluitend toelaes vir kinders, bejaardes en mense met gestremdhede.
Die begroting sluit ook fondse in vir die verlenging van die Covid-19-noodtoelae en administrasiekoste, asook uitbetalings vir vroeë aftrede- en vrywillige uittreepakkette.