Luister nou

Bondi Beach-skietvoorval as terreurdaad beskryf

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Australië se eerste minister, Anthony Albanese het die skietvoorval op Sydney se gewilde Bondi-strand as ’n aanval op Joodse Australiërs – op die eerste dag van Hanukkah – beskryf.

Elf lede van die publiek is oorlede en minstens 29 – insluitend twee polisiebeamptes – is beseer toe twee aanvallers op die Joodse gemeenskap wat ter viering van Hanukkah byeengekom het losgebrand het.

Albanese het helde vanuit die burgerlike gemeenskap vir hul dapperheid bedank.

’n Video doen tans die rondte van ’n lid van die publiek wat op een van die skieters afgestorm en hom ontwapen het.

“Daar is geen plek vir haat, geweld en terreur in hierdie land nie. Laat ek dit baie duidelik stel, ons sal dit uitroei,” het Albanese gesê.

Een van die vermeende skieters is gedood en die tweede is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.

Gewilde Nuus

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing
Ernst Roets
Wit kruise nou na Uniegebou

Luister nou