Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende

Belastingverhogings van tot 6 000 persent op Kleinfontein gehef

Die hoof- uitvoerende beampte van Kleinfontein, Stefan Wiese, sê in ‘n verklaring dat die Tshwane Metroraad onlangs belastingverhogings van tot 6 000% op eiendomme in dié Afrikanergemeenskap oos van Pretoria gehef het. Wiese sê verder dat Kleinfontein om alles te kroon, nog verkeerdelik ‘n boete vir beweerde onbehoorlike grondgebruik opgelê is.

“Die onlangse roekelose voorgestelde herevaluering van die Kleinfontein-gemeenskap se eiendom het belasting op sekere gedeeltes met meer as 6 000% laat styg. As in ag geneem word dat die gemeenskap ‘n groot bejaarde en hulpbehoewende bevolking het, maak hierdie voorstel dit duidelik dat die Stad Tshwane nie omgee vir sy burgers nie.”

Volgens Wiese probeer Kleinfontein al sedert 2012 die nedersetting by die Tshwane Metroraad aanmeld. “Ten spyte van verskeie aansoeke, vergaderings en pogings tot konstruktiewe gesprek, is Kleinfontein se aktiewe aansoek steeds hangend.”

Wiese sê verder dat verteenwoordigers van Kleinfontein reeds besoek aan vier burgemeesters afgelê het, wat tot op hede nog geen resultate opgelewer het nie.

“Dit is belangrik om te beklemtoon dat Kleinfontein geen munisipale dienste van Tshwane ontvang nie. Ons bestuur ons eie infrastruktuur, wat insluit water, elektrisiteit, paaie en riool, sonder enige bystand van die Tshwane Munisipaliteit of sy voorgangers. Ten spyte hiervan en ná groot finansiële uitgawes van die inwoners, probeer Tshwane nou om buitensporige belastings op onregverdige en onredelike manier op Kleinfontein af te dwing.”

Wiese sê indien die Tshwane Metroraad nie spoedig en konstruktief op hulle besware reageer nie, sal daar met regstappe voortgegaan word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WSU_Mthatha

Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet

Screenshot 2025-04-15 122837

Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

SONKRAG

Eskom reik tender uit om nuwe maatskappy vir hernubare-energie te begin

NWU

KYK: NWU gevra om “sangoma-ritueel” by Potchefstroom-koshuis te ondersoek

Screenshot 2025-04-14 151010

Cadbury maak reuse sjokolade eier vir Paasfees

Ander Nuus Artikels

0001102308_resized_johnhlophe150820181022copy
John Hlophe mag nie appèl by Grondwethof aanteken nie
640px-03-BICcristal2008-03-26
Graad 4-kind dood ná hy pendoppie insluk
108131625-1744651956550-gettyimages-2205093389-eisen_harvard031725_006
Amerikaanse regering bevries finansiering aan Harvard
WSU_Mthatha
Student by Walter Sisulu-universiteit in Mthatha doodgeskiet
Screenshot 2025-04-15 122837
Omstrede Vrystaatse asbesdak-saak weer in die hof

Agt tot Tien Kantien

Maandae tot Vrydae
08:00 - 10:00

Luister nou

Volgende