Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het aangekondig dat die 2025-belastinginvorderingseisoen op 7 Julie gaan begin.
Outomatiese aanslae sal vanaf 7- tot 20 Julie uitgereik word.
Belastingbetalers wat nie voorlopige belastingopgawes indien nie, sal vanaf die 21ste Julie tot die 20ste Oktober hul opgawes kan indien.
Voorlopige belastingbetalers het vanaf 21 Julie tot 19 Januarie aanstaande jaar kans om opgawes in te dien.
Die Inkomstediens het ‘n beroep op mense gedoen om die nodige dokumentasie betyds gereed te kry en om nie tot op nommer honderd te wag om jou opgawes in te dien nie. Die SAID sê mense moet ook seker maak dat hulle bankbesonderhede korrek is, indien daar geld aan hulle terugbetaal moet word.