Luister nou

Australië wil strenger vuurwapenwetgewing instel

Deur Pretoria FM Nuusspan

Walter Ernst

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het onderneem om alles moontlik te doen om anti-semitisme hok te slaan.

Dit volg op gister se aanval op Joodse feesvieringe by Bondi-strand in Sydney. Twee aanvallers, ’n pa en seun, het die Hannukah-fees geteiken waar meer as duisend mense byeengekom het. Dié aanval het tot die dood van vyftien mense, met nog veertig wat gewond is gelei. Albanese benadruk dat terreur nie in Australië sal seëvier nie.

’n Fondsinsameling is intussen van stapel gestuur vir die vrugtewinkeleienaar wat die heldedaad verrig het om een van die aanvallers te ontwapen, en wat self twee keer geskiet is.

Albanese het ook onderneem om die vuurwapenwetgewing op te skerp. Australië het reeds van die wêreld se strengste wapenwette, met slegs 31 wapenverwante moorde wat tussen Julie 2023 en Junie verlede jaar aangeteken is.

Fotokrediet: Dean Lewins/EPA

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou