Luister nou

Australië wil strenger vuurwapenwetgewing instel

Walter Ernst

Australië se eerste minister, Anthony Albanese, het onderneem om alles moontlik te doen om anti-semitisme hok te slaan.

Dit volg op gister se aanval op Joodse feesvieringe by Bondi-strand in Sydney. Twee aanvallers, ’n pa en seun, het die Hannukah-fees geteiken waar meer as duisend mense byeengekom het. Dié aanval het tot die dood van vyftien mense, met nog veertig wat gewond is gelei. Albanese benadruk dat terreur nie in Australië sal seëvier nie.

’n Fondsinsameling is intussen van stapel gestuur vir die vrugtewinkeleienaar wat die heldedaad verrig het om een van die aanvallers te ontwapen, en wat self twee keer geskiet is.

Albanese het ook onderneem om die vuurwapenwetgewing op te skerp. Australië het reeds van die wêreld se strengste wapenwette, met slegs 31 wapenverwante moorde wat tussen Julie 2023 en Junie verlede jaar aangeteken is.

Fotokrediet: Dean Lewins/EPA

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Mail & Guardian

Ramaphosa het ’n 50/50-kans

Gamtoos 4

As ons gaan lê is dit tot niet

Internasionale Perspektief nuut

Hoe ʼn slegte besluit of twee ʼn wenoorlog op sy kop gekeer het

Handboeke

VF Plus vra eie geskiedenisleerplanne in skole

Nhanhla Mkhwanazi

Nasionale Persklub maak Nuusmaker van die Jaar bekend

Ander Nuus Artikels

Leon Gropp
Leon Gropp gaan van Comrades tot komedie
Heinrich Marnitz
Heinrich Marnitz terug met Fluweel-klanke
Orgaan
Jong man (28) sterf skielik, red talle lewens as orgaanskenker: “Ons kind se dood was nie sinneloos nie”
Fotokrediet: The Mail & Guardian
Ramaphosa het ’n 50/50-kans
Gamtoos 4
As ons gaan lê is dit tot niet

Luister nou