Luister nou

Arcelor Mittal SA sluit twee langstaalfabrieke

Deur Pretoria FM Nuusspan

Arcelor Mittal SA (Amsa) het finaal bevestig dat hy sy langstaalfabrieke in Vereeniging en Newcastle gaan sluit.

Amsa sê hy beplan om reeds teen volgende week sy hoogoonde af te skakel, terwyl die laaste vervaardiging van staal op die laatste teen begin April afgehandel sal wees.

Die finale sluiting van die aanlegte behoort in die tweede kwartaal voltooi te wees, en sal nagenoeg R2,7-miljard beloop, wat bate-afskrywings, sluitings en afleggingskoste insluit.

Die maatskappy, Econometrix raam dat tussen 60 000 en 80 000 poste in Amsa se waardeketting nou in gedrang is.

Amsa het sy besluit om sy staalfabrieke te sluit met ‘n maand uitgestel, maar in die maand was daar geen beweging met verskeie beleidswysigings en moontlike ingrypings deur die regering nie.

Die maatskappy het in sy verklaring gesê dit is teleurstellend dat sy pogings die afgelope jaar, om die fabrieke te probeer red, nie vrugte afgewerp het nie.

3 Responses

  1. Maar hulle wil die Poskantoor help? Dit wys jou hierdie groot hoeveelhede mense wat hulle werk gaan verloor word geraak. Wys net die ANC gee geensins om vir die land se mense nie. Maak nie saak wat jou kleur is nie. Anc is bankrot, hierdie mense sal later ook moet gehelp word met SASSA.😭

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Amazon

Amazon ontken “wit uitsluiting”

Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys

Boer is nie vir sissies nie

WhatsApp Image 2026-09-03 at 2.36.56 PM

ANC wil mag met megamunisipaliteit behou

Meelbom landscape

Verbyvlugte by sportgeleenthede – Word dit te ver gevoer?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 4 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube by podium
Vakbond vra optrede teen Siviwe Gwarube
Donald-Trump-kwaai-by-Navo-beraad-Turkye
Trump wil nog name verander
Orania
Meer as R500 000 ingesamel vir pad in Orania
Amazon
Amazon ontken “wit uitsluiting”
Bennie van Zyl, Willie Aucamp en Henry Geldenhuys
Boer is nie vir sissies nie

Luister nou