Luister nou

75 000 oorledenes kry Sassa-toelae

Deur Pretoria FM Nuusspan

Sowat 75 000 oorlede Suid-Afrikaners ontvang maandelikse toelae van Sassa, wat nagenoeg R140-miljoen beloop.

Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) het die foutiewelike uitbetaling van maatskaplike toelaes aan begunstigdes wat oorlede is, toegeskryf aan vertragings by die registrasie van sterftes.

Sassa se finansiële hoof, Tsakeriwa Chauke, sê dat Sassa tans ‘n nuwe stelsel ontwikkel wat in April getoets sal word.

Dié stelsel sal glo betalings aan begunstigdes wat intussen dood is outomaties kanselleer deur data van die departement van binnelandse sake te gebruik.

Sassa se bedryfshoof vir toelae, Brenton van Vrede, het verduidelik dat Sassa steeds van burgers afhanklik is om sterftes aan te meld, al is die agentskap se rekords met dié van binnelandse sake gesinkroniseer.

2 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Instagram

Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals

Fotokrediet: WLRN

VSA se nuwe visumbeperkings

Fotokrediet: AfriForum

Nuwe verslag oor buitensporige geweld tydens plaasaanvalle

Fotokrediet: WikiWand

Partye sê hulle het reg op selfbeskikking

Fotokrediet: LekkeSlaap

Twee Oseane moedig pikkewyne aan om te broei

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: eNCA
Negende vrou se liggaam word in Oos-Rand gevind
Ronald Lamola - TimesLive
SA kap terug teen die VSA se visumbeperkings
Misdaadtoneel-Ekurhuleni
DA bied halfmiljoen aan vir leidrade na die Ekurhuleni-moordenaar
Fotokrediet: Instagram
Berigte oor verdagte wat na Potchefstroom skuif, is vals
Fotokrediet: WLRN
VSA se nuwe visumbeperkings

Luister nou