Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het tydens die voorlegging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk ’n brandstofprysverligting van R10 miljard aangekondig.
Die brandstofheffing sal op Woensdag, 4 November met onderskeidelik R3 per liter vir diesel en R1,50 per liter vir petrol verlaag word.
Die verligting sal tót 5 Januarie voortduur, waarna die dieselheffing met R1,50 per liter en die petrolheffing met R1 per liter verminder sal word.
Godongwana het voorts gesê dat die volgehoue fiskale dissipline en doelgerigte besparings daartoe gelei dat die land se staatskuld tot 4,3% van die bruto binnelandse produk gedaal het.
Die Nasionale Tesourie beklemtoon dat hierdie finansiële stabiliteit noodsaaklike maatskaplike dienste en poste in die gesondheids- en onderwyssektore beskerm, terwyl bykomende fondse ook vir wetstoepassing bewillig word.