’n Konsultant van die Vryemarkstigting se Rule of Law Projek sê boere in Suid-Afrika se risiko om tydens inbreker-aanvalle vermoor te word, is aansienlik hoër as die nasionale gemiddelde.
Advokaat Mark Oppenheimer het dié bewering tydens ’n toespraak in Washington gemaak, waar hy oor plaasaanvalle, politieke retoriek en Suid-Afrika se regsreaksie gepraat het.
Hy sê data dui daarop dat die moordsyfer onder boere in sulke aanvalle ongeveer 100 per 100 000 mense is.
Dit is teenoor sowat 5 per 100 000 vir inbreker- en huisrooftogte landwyd.
Oppenheimer sê plaasaanvalle word dikwels deur buitengewone geweld gekenmerk en dat die motief nie altyd roof is nie.