Luister nou

Privaatvennote gesoek om Telkom Towers-kompleks op te knap

Deur Walter Ernst

Die regering beplan om die Telkom Towers-geboue in Pretoria wat nie benut word nie, in ’n winsgewende bate te omskep.

Die minister van openbare werke en infrastruktuur, Dean Macpherson, sê dat ’n formele inligtingsversoek aanstaande week uitgereik word om privaatvennote vir die opknapping te betrek.

Macpherson sê die versoek om inligting ten doel het om die haalbaarheid van die herstel en opgradering van die gebied te evalueer, sodat daar aan alle statutêre vereistes en die regering se akkommodasiestandaarde voldoen word.

Die herontwikkeling sal na verwagting tussen R1,8 miljard en R2,2 miljard beloop.

Macpherson sê dat dit ’n deurslaggewende stap sal wees om te verseker dat die onderbenutte bate in ’n produktiewe staatseiendom omskep word.

Sodra die opgradering afgehandel is, sal sowat 106 000 m2 se verhuurbare kantoorruimte beskikbaar wees ten einde inkomste vir die staatskas te genereer.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Maroela Media

Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe

Fotokrediet: Netwerk 24

Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk

Fotokrediet - X

Solidariteit waarsku oor raswetgewing

Tebello Mosikili

G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Ander Nuus Artikels

Gevangenes
173 tronkbewaardes loop deur oor wangedrag ná Rooigrond-ontsnapping
Fotokrediet: Maroela Media
Twee vas na hulle glo groot hoeveelheid dwelms in Erasmia vervaardig
Fotokrediet: Maroela Media
Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe
Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk
Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing

Luister nou