Luister nou

Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe

Deur Marelize Maré

Redaksie

Die bekende Country-sanger, Tommy Dell veg vir sy lewe ná ’n motorongeluk die afgelope week in Mbombela (Nelspruit).

Dieselfde motorongeluk het die lewe van die bekende musiekagent, Mara van der Bergh, en haar assistant, Samantha Fuller, geëis.

Dell, Van der Bergh en Fuller was op pad terug van ’n vertoning toe hulle in ’n botsing met ’n bakkie betrokke was.

Van der Bergh en Fuller is op die toneel dood verklaar.

Dell is in ’n kritieke toestand in die Nelspruit Mediclinic.

Wimpie van der Sandt van Bok Radio sê egter dat die hoësorgeenheid waar Dell tans versorg word sy mediese fonds uitgeput het en dat hy nog nie sterk genoeg is om na ’n ander hospitaal vervoer te word nie.

’n Back-a-Buddy-skarebefondsingsveldtog is intussen deur Bok Radio vir Dell op die been gebring wat ook deur Pretoria FM ondersteun word.

Van der Sandt sê die koste om aan Dell die nodige sorg te gee beloop tussen R80 000 en R100 000 per dag.

Van der Sandt het Dell as ’n positiewe, liefdevolle mens wat enige iets vir sy medemens sal doen beskryf.

“Hy het al soveel mense geraak met sy musiek en net sy menswens, dat ons glo ons kan die doelwit bereik wat ons nodig het.”

Die stasiebestuurder van Pretoria FM, James Kemp, sê Dell is ’n gewilde sanger wat baie geliefd is onder Pretoria FM se luisteraars.

“Oor die jare het hy help skryf aan die klankbaan van baie van ons luisteraars se lewens.”

Die Back-a-Buddy-veldtog kan hier ondersteun word – https://www.backabuddy.co.za/campaign/tommy-dell

Gewilde Nuus

Fotokrediet - X

Solidariteit waarsku oor raswetgewing

Tebello Mosikili

G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Maroela Media
Twee vas na hulle glo groot hoeveelheid dwelms in Erasmia vervaardig
Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk
Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing
Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Luister nou