Luister nou

Twee vas na hulle glo groot hoeveelheid dwelms in Erasmia vervaardig

Deur Marelize Maré

Twee buitelandse burgers is in Erasmia, noord van Centurion, in hegtenis geneem nadat hulle na bewering by ’n groot, onwettige dwelmvervaardigingslaboratorium betrap is.

Die polisie sê die fasiliteit het moontlik tot 800 000 Mandrax-tablette per dag vervaardig.

Die operasie is deur misdaadintelligensie beplan en deur die SAPD en Valke uitgevoer.

Die presiese straatwaarde van die beslaglegging is nog nie bepaal nie, maar dit word op miljoene rand geraam.

Die nasionale polisiekommissaris, luitenant-generaal Tebello Mosikili, sê die operasie vorm deel van ’n groter veldtog teen georganiseerde dwelmsindikate.

Hy sê meer as 9 000 verdagtes is die afgelope vier weke in hegtenis geneem vir dwelmhandel of -besit.

Gewilde Nuus

Fotokrediet - X

Solidariteit waarsku oor raswetgewing

Tebello Mosikili

G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Maroela Media
Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe
Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk
Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing
Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Luister nou