Luister nou

Twee jong leeus is nou Vrystaters

Deur Marelize Maré

Twee jong leeus wat uit die onwettige handel in wild, in Israel gered is, het ná ’n baie lang reis van nagenoeg 50 uur by die Animal Defenders International-wildreservaat in die Vrystaat aangekom.

Die 16 maande oue BenTzur en Ori is meer as ’n jaar gelede as klein welpies deur Israeliese owerhede gered nadat hulle van hul ma’s weggeneem is om as sogenaamde troeteldiere gebruik te word.

Ori is in ’n kelder gevind en BenTzur was aan ’n boom in ’n agterplaas vasgebind.

Weens die oorlog in die Midde-Ooste was vlugte skaars, maar die leeus kon uiteindelik via Kaïro en Frankfurt na Johannesburg reis.

Hulle het reeds hul nuwe habitat in die Vrystaat begin verken.

Die leeus kan weens genetiese probleme en hul geskiedenis van menslike kontak nooit in die natuur vrygelaat word nie.

Gewilde Nuus

Israel

7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?

AfriForum

AfriForum ondersoek brandstofheffings self

V (3)

Minder reise gaan lei tot minder vulstasies

V (2)

Geen politieke wil om plaasaanvalle stop te sit

Roelf Meyer by 'n kunsuitstalling in Washington.

Daarom was Roelf Meyer nie by Witkruisprojek

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Weet
VN se armoede-indeks styg
Fotokrediet: EWN
Die ANC se dispuut word vandag aangehoor
Padlangs
Kragdadigheid van ’n boer
Israel
7 Oktober: Waar bevind die wêreld hulself 3 jaar later?
AfriForum
AfriForum ondersoek brandstofheffings self

Luister nou