Luister nou

Burnham verkies as leier van Arbeiders

Deur Redaksie

Andy Burnham sal waarskynlik vandag as die leier van die Arbeidersparty aangewys word.

Burnham was van 2017 tot 2026 die burgemeester van Greater Manchester.

Hy het gedurende Junie ’n tussenverkiesing in Makersfield gewen wat hom ’n parlementêre setel besorg het.

Uit die staanspoor het Burnham dit duidelik gemaak dat hy van voorneme is om die Britse premier, Keir Starmer, uit te daag.

Alhoewel Starmer aanvanklik aangedui het dat hy Burnham die stryd sal aansê, het hy kort ná Burnham se oorwinning in Makersfield aangedui dat hy die posisie as leier van die Arbeidersparty prysgee en as eerste minister sal aanbly tot ’n opvolger aangewys is.

As enigste kandidaat sal Burnham vandag as leier van die Arbeidersparty aangewys word en eerskomende Maandag deur Koning Charles III as die nuwe Britse eerste minister aangestel word.

Burnham was voorheen die minister van Gesondheid tydens die ampstermyn van Gordon Brown.

Starmer se ongewildheid kan aan ’n rits flaters toegeskryf word. Een daarvan is die aanwysing van Peter Mandelson as die Britse ambassadeur na die VSA ten spyte van Mandelson se verbintenis met die seksmisdadiger, Jeffrey Epstein.

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou