Luister nou

R70,9 mjd. se begroting vir knelpunte in Gautengse onderwys

Deur Walter Ernst

Die departement van onderwys in Gauteng het ’n begroting van R70,9 miljard vir die 2026/27-boekjaar ter tafel gelê, om knelpunte soos oorvol klaskamers en swak infrastruktuur te pak.

Die LUR vir onderwys in die provinsie, Lebogang Maile, sê dat Gauteng steeds een van die grootste leerlinggetalle in die land het, met miljoene leerlinge wat van die openbare stelsel afhanklik is.

“Die departement word deur enorme uitdagings in die gesig gestaar wat voortspruit uit vinnige migrasie, verstedeliking, oorbevolking, infrastruktuur-agterstande en groeiende leerlinggetalle, veral informele nedersetting- en binnestedelike skole,” sê Maile.

’n Beduidende aantal van die begroting is aangewend vir die verbetering van leerlinguitkomste in sleutelvakke, insluitend Wiskunde, Wetenskap, en Tegnologie.

“Nagenoeg R1,2 miljard word toegeken vir die verbetering van prestasie in sleutelvakke soos Wiskunde, Wetenskap, en Tegnologie.”

Maile sê dat dié ingrype daarop gemik is om vroeë kinderontwikkeling te versterk en hardnekkige leemtes in sleutelvakke te pak, aangesien dit leerlinge se vordering en toekomstige indiensneembaarheid beïnvloed.

 

Gewilde Nuus

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

Luister nou