Luister nou

Phala Phala-aanklagkomitee: Geen geskiktheidsvereistes vir nou

Deur Walter Ernst

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het ’n voorstel verwerp om strenger geskiktheidsvereistes vir parlementslede op die Phala Phala-aanklagkomitee in te stel.

Opposisiepartye het vandag weer gepoog om te vereis dat lede geskik en gepas moet wees, veral weens die omstrede teenwoordigheid van die afgedankte regter John Hlophe.

Didiza voer egter aan die voorstel te subjektief is en ’n duidelike meganisme benodig om geskille op te los.

Sy het beklemtoon dat daar geen haas is nie, aangesien die reël nie terugwerkend sal geld op die paneel wat reeds op die been gebring is nie.

Die Nasionale Vergadering se Reëlskomitee het vandag óók nuwe reëls aanvaar vir die artikel 89-ondersoek wat daartoe kan lei dat ’n sittende president in ’n staat van beskuldiging geplaas kan word.

Die nuwe reëls sal Dinsdag in die parlement vir goedkeuring ter tafel gelê word.

Die hersiening van die reëls volg ná die konstitusionele hof se uitspraak oor die diefstal van buitelandse valuta by president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaas in 2020.

Die hof het bevind dat die bestaande reëls ongeldig was.

’n Debat is gevoer in die Reëlskomitee oor ’n voorgestelde klousule deur die DA dat LP’s wat in die afsettingskomitee dien, getoets moet word om te bepaal of hulle geskik is vir die rol.

 

Gewilde Nuus

Sakekamer

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

AfriForum

Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Internasionale Perspektief nuut

Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

Ander Nuus Artikels

Tempo
Hoekom is advies nodig wanneer u batebeskermingsversekering koop?
Dr.-Theo-de-Jager-2
Saai: Privatiseer Onderstepoort Biologiese Produkte
Polisiebeamptes
Polisie sal nie rus tot waarheid oor moorde ontbloot is
Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp

Luister nou