Luister nou

Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self

Deur Redaksie

James Kemp in gesprek met prof Koos Malan en prof Willem Gravett. (Foto: Christo Bester)

 

Die gebrek aan ’n politieke wil om probleme in die polisie en ander sektore van die staat reg te ruk, het ’n klimaat geskep waarin gemeenskappe self oplossings vir hulle uitdagings gaan moet vind.

Dit was een van die gevolgtrekkings tydens ’n gesprek van die Pretoria Sakekamer die afgelope week. Die gesprek getiteld Wanneer die strafregstelsel faal, watter alternatiewe het sakelui? het ondersoek ingestel na die remedies wat sakelui tot hulle beskikking het wanneer die reg nie meer sy gang gaan nie.

Een van die sprekers, prof Willem Gravett, departementshoof van Publiek- en Prosesreg in die Fakulteit Regsgeleerdheid, sê die getuienis wat tans voor die Madlanga-kommissie gelewer word, dui daarop dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) te ver heen is om in sy huidige formaat gerehabiliteer te word. Gravett sê dit kan eerder aan ’n gebrek aan politieke wil as swak polisiëring toegeskryf word.

Gravett het op statistiek van die Wêreldbank gewys wat daarop dui dat misdaad, soos korrupsie, Suid-Afrika ongeveer 10% van sy BBP kos – meer as wat aan gesondheidsorg bestee word. Die Wêreldbank reken verder dat Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers van 2015 tot 2019 tussen 0,7% en 1,3% hoër kon gewees het, was dit nie vir misdaad nie. Gravett het ook daarop gewys dat slegs vier staatskapingsverwante sake wat uit die Zondo-kommissie gespruit het, afgehandel is.

Prof Koos Malan, ’n genoot aan Sakeliga se Sentrum vir Konstitusionele Dinamika, sê kommissies (soos die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping) is vir ’n politieke rede van groot waarde.

“Dit bied ’n notule van die aard van die Suid-Afrikaanse staat. Dit konfronteer ons met die realiteit – so lyk Suid-Afrika.”

Malan sê die staat speel ’n afnemende rol in die handhawing van orde terwyl die privaat sektor toenemend daardie rol vertolk, met georganiseerde misdaad wat ontwrigtend teenoor die handhawing van wet en orde optree. Volgens Malan word hier egter met ’n mislukkende staat gewerk en nie ’n mislukkende gemeenskap nie. Hy sê verder dat die “mankolieke staat wat die ANC tot stand bring” bepaalde voordele inhou, onder meer dat Suid-Afrika nie in ’n “kommunistiese Oos-Duitsland” sal ontaard nie.

“Kommunistiese Oos-Duitsland was boos en doeltreffend. Die Suid-Afrikaanse regering is boos en ondoeltreffend.”

Malan sê te midde van die Suid-Afrikaanse regering se onvermoë om gemeenskappe van veiligheid of elektrisiteitsvoorsiening te verseker, gaan gemeenskappe ’n alternatiewe of nuwe regering vorm.

“Jy gaan nie Suid-Afrika red nie. Suid-Afrika is onredbaar.”

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-85-25-Sept-2026.pdf

Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Ander Nuus Artikels

AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp
Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

Luister nou