Luister nou

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Deur Redaksie

Boekeblad:

Graffiti se topverkopers vir die week.

10 Daardie lewe Karel Schoeman – Ria Winters       

9 ’n Ierse knoop – Elsa Winckler

8 Brandstapel – Marie Lotz   

7 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert 

6 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp    

5 Jagspinnekop – Erla Diedericks  

4 Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver

3 Vlam van die sprokkelhout – S D Fourie    

2 Blinde kol – Martin Steyn  

1 Op lig – Thilde Nel

 

’n Leeu in ’n Lugballon: Rympies vir Aapsterte – Daniëlla van Heerden. R200, Pan Macmillan SA

Illustreerder: Zinelda McDonald

https://graffitibooks.co.za/products/9781779992192

Die ses-en-twintig lekker lawwe alfabetrympies in hierdie boek neem jong lesers op ’n prettige reis van A tot Z. Op hierdie ontdekkingstog leer hulle boonop sommige van die stede en dorpe van Suid-Afrika ken.
Is dit sowaar ’n brak op ’n branderplank in Ballito?
Kan dit Kersvader wees wat uit ’n kabelkar in Kaapstad hang?
En hoe op aarde het Vince in Victoria-Wes op ’n verskrikte volstruis se rug beland?
In hierdie boek kry lesers die alfabet onder die knie terwyl hulle lag-lag meer oor hul land leer.

 

Die Geskiedenis van Braaibroodjies – Frans de Villiers. R350, Flyleaf

https://graffitibooks.co.za/products/9781067218621

Het jy al ooit gewonder waar die braaibroodjie vandaan kom?

Toe Frans de Villiers hierdie onskuldige vraag begin ondersoek het, was hy geskok oor hoe min werklike inligting beskikbaar is oor een van Suid-Afrika se gewildste braaigeregte.

Sy nuuskierigheid het ontwikkel in ’n jare lange ondersoek deur die kosgeskiedenis van Suid-Afrika, met verrassende wendings oral langs die pad. Hierdie speurtog het hom gelei deur agtiende eeuse resepteboeke, vroeë reisigersjoernale, Jan van Riebeeck se dagboek, handgeskrewe familieresepte, Voortrekkerdagboeke, koerante uit die 1930’s tot 1950’s, duisende ou Huisgenoot-uitgawes uit dieselfde era, briewe uit kerkargiewe, asook verskeie kosbare ou tekste uit die Universiteit Stellenbosch se Spesiale Versamelings.

Hy het geleer dat die geskiedenis van braaibroodjies méér as net ’n kosverhaal is. Dit is die storie van Afrikaners, vertel deur die lens van witbrood, kaas, uie, tamaties, blatjang en vuur.

 

Vlam van die sprokkelhout – SD Fourie. R320 – Queillerie

https://graffitibooks.co.za/products/9780795803413

Maré l’Abillionni het soos ʼn tak van die moederboom afgebreek. Ná ’n lang reis vanaf die Douro-vallei in Portugal tot Madagaskar beland sy op die slaweskip Meermin en spoel letterlik op die strand by Struisbaai uit. Sy is sprokkelhout.

Opgebreek in stukke in ’n vreemde land waar almal oor haar kan uitsprake lewer. Besluite vir haar neem. Uitgelewer aan ’n vuur wat voel of dit haar verswelg.

Maré het ’n vuur met sprokkelhout aangesteek in die Strandveld deur haar afkeur teen slawehandelaars en haar missie dat alle kinders geregtig is om te kan lees en skryf. Hetta Uys land 258 jaar later op Agulhas. Ook gebreek soos sprokkelhout omdat haar bruidegom haar voor die kansel op Struisbaai gelos het en sy haar pos as joernalis verloor het. Sy is daar om haar ouma se Spookhuis op te ruim en te verkoop. Die twee vroue stook albei ’n vuur in die Strandveld. ’n Puik nagevorste, aangrypende historiese én kontemporêre roman deur ’n geliefde skrywer.

 

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.

 

KOMPETISIE

Beantwoord die volgende vraag:

Wie het Vlam van die sprokkelhout geskryf?

 

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997.

Inskrywings sluit Maandag 28/09/2026.

 

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

 

Wenner 19-09-2026

Gerrie Viljoen – Rustenburg

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek – https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/09/NUUSWEEK-Uitgawe-85-25-Sept-2026.pdf

Gewilde Nuus

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Afrikaner-vlugtelinge

Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Fotokrediet: Netwerk24

15 Nuwe kruise by Witkruismonument opgerig

Bergview

Oudskoolhoof: Aantygings het blywende skade gelaat

Ander Nuus Artikels

Rooikruis
Kritiek pla Roets nie
National Mall
3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
James Kemp
Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie
horses vs bikes 4
NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging
Afrikaner-vlugtelinge
Trump-regering wil tot 17 500 Afrikaner-vlugtelinge in VSA toelaat

Luister nou