’n Nuwe verslag deur Solidariteit waarsku teen hoë vlakke van druk, angs en gebrekkige ondersteuning vir hoërskoolleerlinge in Afrikaanse skole. Volgens die onderwysnavorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Johnell Prinsloo, ondervind tieners dikwels emosionele uitdagings weens sosiale media en swak dissipline. Die verslag toon dat sowat 81% van ouers erge akademiese