Luister nou

Verslag toon angs onder Afrikaanse hoërskoolleerlinge

Deur Walter Ernst

’n Nuwe verslag deur Solidariteit waarsku teen hoë vlakke van druk, angs en gebrekkige ondersteuning vir hoërskoolleerlinge in Afrikaanse skole.

Volgens die onderwysnavorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, Johnell Prinsloo, ondervind tieners dikwels emosionele uitdagings weens sosiale media en swak dissipline.

Die verslag toon dat sowat 81% van ouers erge akademiese druk opmerk, terwyl byna 60% erken dat hulle nie weet hoe om hul kinders te onderskraag nie.

Prinsloo wys egter daarop dat blaam nie voor die deur van ouers, onderwysers of skole gelê moet word nie.

Prinsloo sê dat die verslag ’n wekroep is en dat daar meer gedoen moet word om ouers en onderwysers te bemagtig om leerlinge doeltreffend te ondersteun en in staat te stel om suksesvolle hoërskoolloopbane voort te sit.

Lees die verslag hier.

 

Gewilde Nuus

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Fotokrediet: Instagram

Polisie: “Die Ekurhuleni-moordverdagte is nie ’n Suid-Afrikaner nie”

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis
J broodryk
Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Luister nou