Luister nou

Nepalese berggids oorleef wonderbaarlik

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Ervare Nepalese berggids wat vermoedelik dood was nadat sy groep hom tydens die aftog van Berg Everest agtergelaat het, is wonderbaarlik lewend gevind.

Die 52-jarige Dawa Sherpa is ses dae nadat hy laas gesien is deur ’n skoonmaakspan naby die basiskamp aangetref en van die berg afgedra.

Hy sê hy het nie verdwaal nie, maar sy suurstof het opgeraak, wat hom gedwing het om agter te bly.

Sherpa het die ses dae oorleef deur ys te kou en klein stukkies sjokolade uit sy sakke te eet.

Hy is met dehidrasie en ligte vrieswonde per helikopter na ’n hospitaal in Katmando geneem.

Sy familie het reeds met begrafnisrituele begin omdat hulle geglo het dat hy dood is.

Vyf mense het onlangs gesterf in pogings om die wêreld se hoogste berg, Everest, uit te klim.

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou