Luister nou

Reaksie verwag na moontlike Hantavirus-uitbreking

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê sy reaksie word nog ingewag ná berigte van ’n moontlike Hantavirus-uitbreking op die passasierskip MV Hondius in die Atlantiese Oseaan.

Die skip, wat sowat ‘n 170 passasiers en 70 bemanningslede kan huisves, is tans op ’n roete vanaf Argentinië na Kaap Verde en besoek onder meer Suid-Georgië en St Helena.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is een Britse toeris in Suid-Afrika in intensiewe sorg en drie mense is reeds dood, terwyl verdere moontlike gevalle ondersoek word.

Die Britse buitelandse kantoor sê hulle monitor die situasie noukeurig en is in kontak met die redery en plaaslike owerhede om Britse burgers te ondersteun.

Gewilde Nuus

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 25 September 2026

Rooikruis

Kritiek pla Roets nie

National Mall

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant

James Kemp

Daar is nie ’n “Afrikanerdebat” nie

horses vs bikes 4

NDBV gryp in by perde-teen-motorfietse-uitdaging

Ander Nuus Artikels

Sakekamer
Suid-Afrika is onredbaar maar gemeenskappe kan self
AfriForum
Bozell sien hoe AfriForum plaasmoorde bekamp
Internasionale Perspektief nuut
Kan die ongemaklike linkse huwelik hou?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 25 September 2026
Rooikruis
Kritiek pla Roets nie

Luister nou