Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, het sy stelling dat die “Kill the Boer”-slagkreet haatspraak is, duidelik gemaak.
Bozell het aanvanklik in Hermanus gesê het dat hy hom nie aan die Suid-Afrikaanse regbank steur nie, maar het vandag gesê dat hy die land se regstelsel eerbiedig.
Hy het gesê dat president Donald Trump van die VSA se geduld ten opsigte van die gebrek aan optrede om haatspraak te veroordeel uitgeput raak.
Bozell het egter op sosiale media toegegee dat, hoewel hy persoonlik steeds die slagkreet as haatspraak beskou, die Amerikaanse regering die onafhanklikheid van die plaaslike howe erken.
Solidariteit het intussen ’n verslag aan die kantoor van Bozell oorhandig waarin die impak van Suid-Afrika se rasbeleid op die land en sy mense uiteengesit word.
Volgens Solidariteit kos breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging die land tot jaarliks R290 miljard en vernietig dit nagenoeg 192 000 poste per jaar.
Die ekonomiese navorser van Solidariteit se navorsingsinstituut, Theuns du Buisson sê die beleid nie net beleggersvertroue knou nie, maar ook ongelykheid vergroot.