President Donald Trump het die naweek die wêreldwye invoerheffing op goedere na die Verenigde State verhoog tot 15%, en sy belofte verdubbel om sy aggressiewe tariefbeleid voort te sit, net ’n dag nadat die Hooggeregshof ’n groot deel daarvan as onwettig verklaar het.
Trump het op sy platform Truth Social gesê dat ná ’n deeglike hersiening van Vrydag se “uiters teen-Amerikaanse besluit” van die hof om sy tariefprogram te beperk, die administrasie die invoerheffings verhoog het “tot die volledig toegelate, en wettiglik getoetste, 15%-vlak.”
Kort ná die hof die tariewe verwerp het, het Trump aanvanklik ’n nuwe wêreldwye 10%-heffing aangekondig het.
Verskeie lande het gesê hulle bestudeer die Hooggeregshof-uitspraak en Trump se daaropvolgende tariefaankondigings.
Die Suid-Afrikaanse regering het nog nie kommentaar gelewer nadat die hooggeregshof in die VSA die tariewe ongeldig verklaar het nie.
Handelsgesprekke duur intussen agter geslote deure tussen Pretoria en Washington voort.
Luister gerus om 13:40 na ‘n onderhoud in ons Impak-program vir meer hieroor.