Luister nou

Seun in hegtenis geneem vir Reiner-egpaar se mesmoord

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die seun van die Hollywood-regisseur, Rob Reiner en sy vrou, Michele, is vir hulle moorde in hegtenis geneem.

Die egpaar is gister dood in hulle huis in Los Angeles aangetref, nadat hulle vermoedelik met ‘n mes aangeval is.

Die egpaar se 32-jarige seun, Nick Reiner word volgens die Los Angeles Times aangehou omdat hy van die moord verdink word.

Hy voer glo ’n stryd met dwelms.

Rob Reiner was die regisseur van trefferflieks soos When Harry Met Sally en The Princess Bride en het in sy dekades lange loopbaan as akteur in die sitcom All in the Family naam gemaak.

Hy was ook ‘n aktivis en medestigter van die Amerikaanse Stigting vir Gelyke Regte en was betrokke by ’n insiatief om die belasting wat op tabak gehef word te gebruik om vroeë kinderontwikkeling in Kalifornië te bevorder.

 

Fotokrediet: Laura Cavanaugh/FilmMagic/Getty Images

Gewilde Nuus

Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves

Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam

Senzo Mchunu - The Witness

Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Ander Nuus Artikels

Willie Spies
VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 2 Oktober 2026
Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu

Luister nou