Luister nou

Kersvader maak ’n Pretoriase draai

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel Dis die tweede agtereenvolgende jaar wat Silverton in Pretoria op Kersvader se roetekaart vir spesiale besoeke is. Inwoners, minderbevoorregtes en kinders van dié en omliggende woonbuurte gaan vanaand met harte vol afwagting in hul beddens kruip, omdat Kersvader môreoggend met twee vragmotors vol geskenkpakkies die strate met vreugde en Kersfeesgees gaan vul. Die afgetrede plaaslike egpaar, Danie en Marietjie van Deventer staan aan stuur van dié Christmas Run  – wat dit namens die Silverton/Meyerspark/Weavindparkbuurtwag tot uitvoer bring. Hul woning is tans propvol sakke met sowat 3-duisend bederfpakkies wat names Kersvader gepak en gestoor word. Die man met sy wit baard en rooi pak begin môre om 9:00 deur Meyerspark, Voëltjiedorp en Silverton – aan die bokant van Pretoriaweg – beweeg. Die tweede vragmotor met nóg ’n Kersvader – dalk die ware een se ewebeeld – beweeg dieselfde tyd deur Weavindpark en Silverton – aan die onderkant van Pretoriaweg. Daar sal by 20 punte gestop word, sodat ieder en elk om 16:30 met ’n groot glimlag huiswaarts kan keer.  
Marietjie en Danie van Deventer het die "Christmas Run" verlede jaar in Silverton begin.

Gewilde Nuus

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ernst Roets

Wit kruise nou na Uniegebou

Kallie Kriel, Flip Buys, Dirk Hermann

VSA-debat jaag temperature op

Willie Spies

VF Plus soek kundiges om kragonderbrekings te bekamp

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital
V
Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie
Mbalula warns those assaulting on-duty police officers
Massaskietvoorvalle eis reeds 100de
Orania
Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Luister nou