President Cyril Ramaphosa het die inspekteur-generaal van intelligensie, Imtiaz Fazel geskors, terwyl die parlement se Gesamentlike Staande Komitee oor Intelligensie sy ondersoek afhandel.
Die ondersoek hou verband met Fazel se beweerde wangedrag.
Volgens mediaberigte het Fazel voorgestel dat daar strafregtelike klagtes teen die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola gelê word en die hoof van Misdaad-intelligensie, Dumisani Khumalo weens ‘n beweerde R120 miljoen -eiendomstransaksie geskors word.
Die presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die komitee moet nou die geleentheid gegun word om sy ondersoeke sonder inmenging af te handel.
One Response
🤣🤣🤣🎊🎊🎊