Luister nou

MK-party wil Madlanga-kommissie ontspoor

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die MK-party se aansoek om die Madlanga-kommissie van ondersoek te staak, word vandag in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor.

Die kommissie het gister met sy sittings begin om bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel te ondersoek.

Die MK-party voer aan dat president Cyril Ramaphosa se besluit om die kommissie aan te stel, onwettig is. Hulle het die hof genader nadat hulle direkte toegang tot die Grondwethof geweier is.

Tydens gister se sitting het die geskorste minister van polisie, Senzo Mchunu, onder verdenking gekom. Luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi het onder eed getuig dat Mchunu “ten volle betrokke by die besluite van ’n sindikaat in Gauteng is” en ’n taakspan wat politieke moorde ondersoek onwettig probeer ontbind het.

Lt-genl Mkhwanazi het op 6 Julie by ’n openbare geleentheid beweer dat die strafregstelsel onder verdenking geplaas is, omdat kriminele sindikate die polisie, regstelsel, parlement, politiek, intelligensie en wetstoepassingstrukture geinfiltreer het.

Die kommissie, wat deur regter Mbuyiseli Madlanga gelei word, moet hierdie bewerings onbevrees en onpartydig ondersoek en getuienis toets om vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanbevelings te maak vir dringende hervormings.

DA-LP en die party se woordvoerder oor polisie, Lisa Schickerling, sê die party se verwagtinge moet die omvang van politieke en kriminele inmenging in wetstoepassing en justisie blootlê. Volgens Schickerling moet die kommissie verseker dat elke betrokke individu tot verantwoording geroep word. Sy sê getuies en fluitjieblasers moet as prioriteit beskerm word en dringende hervormings vir instellings soos die SAPD en die NVG moet voorgestel word.

Die kommissie moet binne drie maande ’n voorlopige verslag aan president Cyril Ramaphosa oorhandig.

Fotokrediet: Rosetta Msimango/News24

 

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou