6 Augustus 2025
Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, DIRCO, het kommer uitgespreek oor die onlangse aankoms van gevaarlike misdadigers in Eswatini vanaf Amerika.
DIRCO sê dat – soveel as wat Eswatini en die VSA sê dat hulle gaan poog om dié misdadigers na hul lande van herkoms te verskuif – daar ook ‘n moontlikheid bestaan dat dié lande nie die migrante gaan aanvaar nie.
DIRCO voeg by dat hy die soewereine besluit van Eswatini respekteer, maar dat Suid-Afrika bekommerd is oor die nadelige invloed wat dié stap op nasionale veiligheid en immigrasiebeleid kan hê – veral gegewe die nabyheid van Pretoria aan Mbabane.
Die regering van Eswatini het verlede maand bevestig toe vyf buitelandse oortreders in dié land aangekom het.
Die regeringswoordvoerder, Thabile Mdluli, het toe gesê dat die oortreders in geïsoleerde eenhede in hul korrektiewe sentrums aangehou word en dat hulle geen gevaar vir die land of sy burgers inhou nie.
3 Responses
Te min, te laat Suid Afrika.
Ek stem.
Weet iemand hoeveel Eswatini (Zwaziland) betaal word om die tronkvoëls daar aan te hou?