Luister nou

Onwettige alkoholmark in SA al meer as R25-miljard werd

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die onwettige alkoholmark in Suid-Afrika het die afgelope sewe jaar met 55% gegroei en is tans R25-miljard werd.

Dié bedryf kos die land R16-miljard in verlore belastingontvangste.

Dié toedrag van sake het die Drankies-federasie van Suid-Afrika genoop om samewerking tussen die regering en die privaat sektor te versoek.

Volgens die voorsitter van die federasie en uitvoerende hoof van SA-Brouerye, Richard Rivett-Carnac het 67% van verbruikers wat aan die Euromonitor-opname deelgeneem het erken dat hulle onwettige alkohol koop, omdat dit goedkoper is.

Rivett-Carnac sê onwettige alkohol bedreig die land se ekonomie en openbare gesondheid, aangesien dit miljarde uit openbare fondse tap en die wettige bedryf verswak.

One Response

  1. Dit is die regering se eie skuld.

    Ons word oor en oor en weer belas op ons verversings.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Boer tot bord

Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie

Melanie 2

Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

J broodryk

Slagoffers van plaasaanvalle gemartel, verbrand en verwurg

Ernst Roets

Crossed Out: Dokkie ontketen ongemaklike gesprek

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 18 September 2026

Ander Nuus Artikels

Siviwe Gwarube
Implementering van handboekkatalogus duur voort ondanks haakplekke
Fotokrediet: CBS
Die wit bevolking in Suid-Afrika is besig om te krimp
Fotokrediet: eNCA
Vrou se liggaam in Moroka-dam gevind
Boer tot bord
Kos op die tafel is nie vanselfsprekend nie
Melanie 2
Ingryping by Gauteng-onderwys geëis

Luister nou