Luister nou

Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal beleef glo voedseltekort

Deur Pretoria FM Nuusspan

Fluitjieblasers by die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg sê daar is sedert verlede week ‘n voedseltekort en dat daar in sekere dele van die hospiotaal nie warm water is nie.

Hulle sê pasiënte wat nie in staat is om self kos te koop nie moes familielede vra om tydens besoektye kos te bring.

‘n Woordvoerder van die Gautengse gesondheidsdepartement, Motalatale Modiba, het erken dat daar probleme met die verskaffingsketting was, maar sê dat dit uitgestryk is en dat pasiënte nooit honger gely het nie.

Volgens ‘n berig in die Daily Maverick het sommige pasiënte glo gevra om ontslaan te word weens hongerte. ‘n Anonieme gesondheidswerker het aan die nuusdiens gesê dat talle pasiënte nie medisyne kon kry nie omdat hulle dit nie op ‘n leeg maag kon neem nie.

Volgens die DA se skadu-LUR vir gesondheid, Jack Bloom, is dit baie verdag dat dié hospitaal se gekontrakteerde verskaffers in Limpopo en die Vrystaat gesetel is.

Bloom meen die uitvoerende hoof van die hospitaal, Gladys Bogoshi, moet afgedank word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou