Luister nou

Belastingverhogings van tot 6 000 persent op Kleinfontein gehef

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die hoof- uitvoerende beampte van Kleinfontein, Stefan Wiese, sê in ‘n verklaring dat die Tshwane Metroraad onlangs belastingverhogings van tot 6 000% op eiendomme in dié Afrikanergemeenskap oos van Pretoria gehef het. Wiese sê verder dat Kleinfontein om alles te kroon, nog verkeerdelik ‘n boete vir beweerde onbehoorlike grondgebruik opgelê is.

“Die onlangse roekelose voorgestelde herevaluering van die Kleinfontein-gemeenskap se eiendom het belasting op sekere gedeeltes met meer as 6 000% laat styg. As in ag geneem word dat die gemeenskap ‘n groot bejaarde en hulpbehoewende bevolking het, maak hierdie voorstel dit duidelik dat die Stad Tshwane nie omgee vir sy burgers nie.”

Volgens Wiese probeer Kleinfontein al sedert 2012 die nedersetting by die Tshwane Metroraad aanmeld. “Ten spyte van verskeie aansoeke, vergaderings en pogings tot konstruktiewe gesprek, is Kleinfontein se aktiewe aansoek steeds hangend.”

Wiese sê verder dat verteenwoordigers van Kleinfontein reeds besoek aan vier burgemeesters afgelê het, wat tot op hede nog geen resultate opgelewer het nie.

“Dit is belangrik om te beklemtoon dat Kleinfontein geen munisipale dienste van Tshwane ontvang nie. Ons bestuur ons eie infrastruktuur, wat insluit water, elektrisiteit, paaie en riool, sonder enige bystand van die Tshwane Munisipaliteit of sy voorgangers. Ten spyte hiervan en ná groot finansiële uitgawes van die inwoners, probeer Tshwane nou om buitensporige belastings op onregverdige en onredelike manier op Kleinfontein af te dwing.”

Wiese sê indien die Tshwane Metroraad nie spoedig en konstruktief op hulle besware reageer nie, sal daar met regstappe voortgegaan word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Sky die polisiehond kry seer 3

DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry

Tronk

4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Fotokrediet: Maroela Media

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Fotokrediet: Michalsons

AfriForum gaan Eskom se verhoging teenstaan

POF-logo

POF-base in die sop oor tenderbedrog van R16 m.

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
Suid-Afrikaanse huishoudings is onder druk
Fotokrediet - X
Solidariteit waarsku oor raswetgewing
Tebello Mosikili
G’n bykomende befondsing vir March and March-optogte, sê polisie
Sky die polisiehond kry seer 3
DA-LP lê klag, nadat polisiehond ernstig seerkry
Tronk
4 DKD-beamptes geskors oor steenkooltenderbedrog

Luister nou