Luister nou

Voormalige SAUK-werknemer sê jammer na “rasse-voorval” op FlySafair-vlug

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die voormalige handelsmerkbestuurder van die SAUK, Nobuntu Mkhize, het om verskoning gevra vir haar gedrag tydens ʼn FlySafair-vlug.

Mkhize is in die kollig gewerp toe ‘n video in Desember 2024 wyd op sosiale media versprei is, waarin gesien kan word hoe sy rassistiese opmerkings teenoor ‘n lugwaardin maak. Sy was op 26 Desember van Durban op pad na Kaapstad.

Ongeag haar verskoning het sy dit duidelik gemaak dat sy steeds voortgaan met regstappe teen die lugdiens, die polisie en die SAUK. Volgens Mkhize het die SAUK haar ná dié voorval afgedank glo sonder dat hulle ‘n ondersoek gedoen het.

Volgens haar het die openbare uitsaaier nie die regte stappe gevolg om haar af te dank nie. Die SAUK se hoof van kommunikasie, Mmoni Ngubane sê dit is onwaar dat hulle Mkhize net afgedank het, en dat ‘n dissiplinêre verhoor wel plaasgevind het.

Tydens ‘n onderhoud met Newsroom Africahet sy daarop gesinspeel dat die lugwaardin se optrede uitlokkend was en tot haar eie optrede aanleiding gegee het.

 

Kyk hier na die video: https://twitter.com/KristyTallman/status/1874920486603522318

 

3 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

V (1)

Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

V

Gryskrag: SASSA-toelaes moet nie van uitgerekte kaartproses afhang nie

Mbalula warns those assaulting on-duty police officers

Massaskietvoorvalle eis reeds 100de

Orania

Oraniërs stem anders in komende verkiesing

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte
Fotokrediet: Solidariteit netwerk
Wêreldonderwysersdag word vandag gevier
Boer tot bord
Wanneer ’n boer vermoor word ….
Internasionale Perspektief nuut
VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit
V (1)
Eerste skenkerleweroorplantings by Raslouw Private Hospital

Luister nou