Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat nóg vyf senior polisiebeamptes geskors is in verband met ondersoeke na die omstrede Medicare24-tender.
Dit bring die totale aantal senior beamptes wat tot dusver geskors is op 14 te staan.
Nege beamptes is verlede week geskors oor hul beweerde rol in die toekenning van ’n kontrak van sowat R228 miljoen aan Medicare24, ’n maatskappy wat met die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala, verbind word.
Die tender was bedoel om mediese ondersoeke en welstandsdienste aan polisielede oor ’n tydperk van drie jaar te lewer.
Die polisie sê ‘n interne dissiplinêre prosesse is aan die gang.