’n Vrou se liggaam is in ’n duvet toegedraai in die Moroka-dam in Soweto gevind.
Die slagoffer is vermoedelik in haar twintigs.
Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen en sê die omstandighede rondom haar dood is nog onbekend.
Die ontdekking kom dae nadat die liggame van nege vroue sedert Julie op verskeie plekke in Ekurhuleni gevind is.
Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting om hul naaste polisiestasie of Crime Stop te kontak.