Luister nou

Vermiste atleet gevind nadat sy die Comrades-marathon voltooi

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die 54-jarige Moira Harding, wat vermis geraak het nadat sy aan gister se Comrades-marathon deelgeneem het, is gevind.

Volgens News24 is Harding vroeg vanoggend naby die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se basis in Die Punt, Durban gevind – 15 ure ná sy die marathon net voor 17:00 gistermiddag voltooi het.

Volgens die nuusdiens is die NSRI-basis sowat 7 kilometer van die eindstreep by die People’s Park in Durban. Die woordvoerder van die NSRI, Craig Lambinon, het bevestig dat Harding agter die instituut se gebou gevind is waarna ‘n ambulans ontbied is. Sy is per lugambulans na ‘n hospitaal geneem.

Dit is onseker in watter toestand sy is. Volgens ooggetuies het sy gedisoriënteerd voorgekom nadat sy oor die eindstreep is.

Harding moes haar familie na die marathon by die Pinetown en Distriksatletiekklub se tent ontmoet, maar het nooit opgedaag nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou