|
Statistiek Suid-Afrika (SSA) se jongste inflasie-verslag dui daarop dat jaarlikse verbruikersprysinflasie in April op 2,8% te staan gekom het. Dit is effens hoër as die vorige maand se 2,7%, maar steeds onder die reserwebank se teikenband van 3- tot 6%. Die verbruikersprysindeks vir April het met 0,3% op ‘n maand-tot-maand grondslag toegeneem. Alkoholiese drank het die meeste gestyg, naamlik 4,7%. Behuising en nutsdiense was vier-komma-vier-persent hoër terwyl voedel en nie-alkoholiese drank 4% duurder was. |
Sien die volledige verslag hier: P0141April2025