Walter Ernst
Nog twee Italiaanse burgers is uit tronke in Venezuela vrygelaat, nadat twee ander verlede Donderdag vrygelaat is.
Die Italiaanse eerste minister, Giorgia Meloni, het bevestig dat die jongste twee – Alberto Trentini en Mario Burlo – by die Italiaanse ambassade in Caracas is, en dat ’n vliegtuig van Rome af gestuur is om hulle te gaan haal.
Trentini, wat ’n liefdadigheidswerker van Venesië is, was die bekendste onder die meer as 20 Italiaanse burgers wat in tronke in Venezuela aangehou is. Venezuela se leierskap het verlede week die vrylating van talle gevangenes, insluitend buitelanders, as ’n welwillendheidsgebaar aan die VSA aangekondig.
Daar is glo meer as 800 politieke gevangenes in Venezuela, insluitend meer as 80 buitelanders. Agtien gevangenes is sedert Saterdag vrygelaat.
Fotokrediet: Alessandro Bremec/NurPhoto/Getty Images