Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende

Universiteit Stellenbosch: menseregteskendings, nepotisme, Wim de Villiers en die konvokasie

Nuuskommentaar: 18 Mei 2023

Deur: René van der Vyver

Op 15 Maart is ’n groot oorwinning vir Afrikaanssprekende studente behaal toe die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) bevind het dat die Universiteit van Stellenbosch (US) skuldig is aan menseregteskendings deur ’n verbod op Afrikaans te plaas. Ongelukkig was die mediadekking hieroor yl gesaai, veral toe daar in April ander nuus breek wat as die perfekte weerligafleier gebruik kon word: Die rektor van US, Wim de Villiers, word van nepotisme beskuldig. Die mediastorm wat oor US dreun is egter lank nie verby nie – onenigheid binne die konvokasie sorg hiervoor.

Die konvokasie is ’n statutêre liggaam waarvan alle US-gegradueerdes, alle voltydse en afgetrede akademiese personeel, en alle gediplomeerdes outomaties lid is. Hierdie liggaam is verantwoordelik daarvoor om die bestuur van die universiteit te adviseer om te verseker dat daar ’n voordelige verhouding tussen die universiteit en die alumni is. Dit maak dan sin waarom die uitvoerende komitee van die konvokasie ’n beroep op die rektor en registrateur gedoen het om te bedank… Hulle moet die universiteitsbestuur verantwoordbaar hou.

Dit blyk egter asof daar individue is wat sou verkies dat die universiteitsbestuur onaantasbaar moet wees. Hierdie individue is onder andere:

  • Jonathan Jansen, uitgelese professor by US, wat op Twitter wilde bewerings gemaak het  dat die konvokasie by ou Afrikaanse universiteite gewoonlik ’n plek vir ultra konserwatiewe, ras-uitlokkende politiek is.
  • Louise van Rhyn, US-konvokasie-lid, wat in ’n video gesien kan word waar sy sê dat sy verheug is dat US nie meer MBA klasse in Afrikaans gaan aanbied nie.
  • Thuli Madonsela, professor by US, wat onder andere, ’n jong Netwerk24 joernalis se naam gevoelloos probeer swartsmeer het voor haar 1.7 miljoen volgers op Twitter, deur bewerings vanaf ’n anonieme WhatsApp bron te deel dat hierdie joernalis deel van ’n sameswering van regse aktiviste is. Dit als omdat sy durf rapporteer het oor die menseregteskendings wat teen Afrikaanse studente plaasvind by die US.   

Louise van Rhyn voer nou namens “gegriefde konvokasie-lede” aan dat die uitvoerende komitee se optrede nie die mening van die meerderheid konvokasielede weerspieël nie en wil deur ’n mosie van wantroue sekere lede van hul amp onthef. Dit is egter belangrik om te onthou dat die uitvoerende komitee demokraties verkies is.

Voorts, gee dit ook rede tot agterdog dat slegs een lid van die uitvoerende komitee, Rudi Buys, deur hierdie “gegriefde kovokasie-lede” gespaar word en boonop genomineer word as president van die US-konvokasie. AfriForum Jeug het reeds in 2014 met Rudi Buys koppe gestamp toe hy as die Universiteit van die Vrystaat se Studentedekaan studente misken het in besluitnemingsprosesse, veral rakende tradisies en koshuislewe. In teenstelling daarmee tree Jan Heunis, huidige president van die US-konvokasie, juis op in die belang van die universiteit. Die petisie, “Say no to nepotism,” wat deur ’n lid van die konvokasie begin is, het al meer as 2 658 handtekeninge en wys dat die individue wat ten alle kostes die uitvoerende komitee van die konvokasie wil diskrediteer, met ’n heksejag besig is.

Die wantrouemosie bly egter hang oor die uitvoerende komitee se koppe (behalwe Rudi Buys s’n), maar Jan Heunis het gesê dat hy nie ’n vergadering sal belê voordat die ondersoek na die rektor en registrateur afgehandel is nie.

Wanneer so ’n vergadering gaan plaasvind is dit uiters belangrik dat US-konvokasie-lede (US-gegradueerdes en enige voltydse en afgetrede akademiese personeel) hulle stem oor hierdie kwessie laat hoor. Apatie is baie gevaarlik hier. Sou die “gegriefde konvokasie-lede” se wantrouemosie teen die uitvoerende komitee slaag, bestaan ’n ernstige bedreiging vir die toekoms van US. Dit mag dalk net ’n toekoms wees waar ernstige probleme onder die mat ingevee word, studentebelange soos koshuislewe en tradisies versmoor word en die universiteitsbestuur onaantasbaar is.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Ander Nuus Artikels

BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar
donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Annigang met Antowan

Weeksdae
14:00 - 16:00

Luister nou

Volgende