Luister nou

Uitbreking van masels tref ook die Vrystaat

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die onlangse uitbreking van masels in Gauteng blyk of dit nou ook die Vrystaat getref het met 64 bevestigde gevalle wat in verskeie gebiede in die provinsie aangemeld is.

Die departement van gesondheid in die Vrystaat het in ‘n verklaring bevestig dat 12 gevalle in die Nala-distrik aangemeld is, wat Bothaville en Wesselsbron insluit.

Daar is nege gevalle in Masilonyana in Theunissen en Verkeerdevlei, 38 in Matjhabeng, wat Welkom, Virginia en Odendaalsrus insluit asook vyf gevalle in Hoopstad en Bultfontein.

Luidens die departement is die meeste gevalle onder kinders tussen 5- en 9 jaar oud.

Die departement doen ’n ernstige beroep op alle ouers om seker te maak dat hul kinders teen masels ingeënt is

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Fotokrediet: Solidariteit netwerk

Wêreldonderwysersdag word vandag gevier

Boer tot bord

Wanneer ’n boer vermoor word ….

Internasionale Perspektief nuut

VSA onttrek finaal uit Irak te midde van volgehoue onstabiliteit

Ander Nuus Artikels

Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede
Fotokrediet: EWN
Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid
Fotokrediet: VF Plus
RDK beveel drie regters aan
Fotokrediet: Netwerk 24
SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Luister nou