Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Suid-Afrikaners het vir ‘n tweede keer in hulle pensioen-spaargeld ingevaar nadat die nuwe belastingjaar op 1 Maart begin het.

‘n Lid van die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika, Natasha Huggett-Henchie het aan ENCA gesê dat 75% van die mense wat sedert Maart – as deel van die tweepotstelsel geld uit hul pensioenfondse onttrek het – dieselfde mense is wat in die vorige belastingjaar ook geld onttrek het.

Huggett-Henchie sê sy vermoed hulle het dit gedoen om skuld aan mikroleners terug te betaal aangesien kommersiële banke en kleinhandelaars geen noemenswaardige verhoging in ekonomiese bedrywighede aangemeld het nie.

Sy sê sommige mense het ook aangedui dat hulle geld onttrek het om te keer dat hulle hoef lenings aan te gaan.

One Response

  1. Hierdie mikroleners (loan sharks) is ‘n ondinding. Hulle hef buitensporige rentes en die mense wat dit die minste kan bekostig, moet maar net betaal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Equipment Handover4

“555 stukke tuinboutoerusting sal dienslewering verbeter”

Concept,Of,Limiting,Freedom.,Interior,Of,Prison,Cell.,3d,Illustration

24 van Gauteng se 145 polisiekantore het nié aanhoudingselle nie

Untitled design (1)

“Oorvol tronke: Moet lyfstraf teruggebring word?”

Drank

Onwettige alkoholmark in SA al meer as R25-miljard werd

Untitled design

Die DA dien strafregtelike klagte in teen minister Nkabane

Ander Nuus Artikels

Map,Of,South,Africa,With,A,Blue,Pushpin,Stuck
“Suid-Afrika ‘n oorblyfsel van kolonialisme, verander die naam na die Republiek van Azanië,” vra die ATM
barbara creecy2
Minister stel herstelplan vir vervoersektor bekend
WhatsApp Image 2025-07-02 at 13.18.41_0d211357
Afrikaner-Afvaardiging: “Agoa nog nie van die tafel”
Equipment Handover4
“555 stukke tuinboutoerusting sal dienslewering verbeter”
Concept,Of,Limiting,Freedom.,Interior,Of,Prison,Cell.,3d,Illustration
24 van Gauteng se 145 polisiekantore het nié aanhoudingselle nie

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende