Die president van die VSA, Donald Trump het opdrag gegee dat die berugte gevangenis, Alcatraz, heropen en uitgebrei moet word.

Die verlate gevangenis is op ‘n klein eiland naby San Francisco in Amerika geleë, en is op 1934 geopen. Die sterk strome van die water rondom die eiland en die koue water het ontsnapping byna onmoontlik gemaak.
Dit was veral gevangenes wat voortdurend probleme in ander tronke veroorsaak het, wat in Alcatraz aangehou is.
Trump het in ‘n plasing op sosiale media gesê dat Amerika vir té lank deur bose, gewelddadige en herhaalde kriminele oortreders geteister word.
Hy voer aan dat Alcatraz sal dien as ‘n simbool van wet, orde en geregtigheid.
Alcatraz is in 1963 gesluit weens die buitensporige koste om dié inrigting te bedryf. Een van die berugte gevangenes was die bendelid, Al Capone. Die tronk is tans ‘n gewilde toeriste-bestemming.
Foto: Wallpaper Flare
One Response
You go!!
MAGA