Die Suid-Afrikaanse regering het weer ’n ondersoek na die oorsake van die onrus in Iran gevra, nadat die land buite stemming gebly het tydens ’n spesiale sitting van die Verenigde Nasies se Menseregteraad in Genève.
Die raad het ’n resolusie aanvaar wat Iran se onderdrukking van betogings veroordeel en ’n ondersoek versoek.
Die departement van internasionale betrekkinge sê Suid-Afrika staan by sy verklaring.
Opposisiepartye het die besluit skerp gekritiseer, met die VryheidsFront-Plus wat dit as lafhartig beskryf en die DA wat die ANC van skynheiligheid en aandadigheid beskuldig.
Die partye wil ook weet wat presies met die omstrede vlootoefeninge gebeur het waaraan Iran, ondanks president Cyril Ramaphosa se verbied daarvan, deelgeneem het.
Die onenigheid oor Iran kan, volgens politieke kenners, lei tot sanksies en Suid-Afrika se betrekkinge met die VSA benadeel.