Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Suid-Afrika genooi om die 2030-Statebondspele aan te bied

Suid-Afrika is gevra om ‘n bod in te sit om die 2030 Statebondspele aan te bied.

Barry Hendricks, die president van die Suid-Afrikaanse Konfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) sê die kabinet het egter nog nie sy versoek aanvaar om ‘n bod in te sit vir die 2036 Olimpiese-spele nie. Die spertyd vir die kans om dié spele aan te bied is oor twee weke.

Volgens Hendricks sal hy weer probeer om die 2040 Olimpiese Spele aan te bied indien hy nie die spertyd vir 2036 haal nie en sal dit as ‘n leerkurwe beskou.

Wat die Statebondspele betref moes Suid-Afrika sy voorneme om die 2022-spele in Durban aan te bied, laat vaar weens finansiële redes.

Hendricks sê dit het intussen vir lande moontlik geraak om die Statebondspele in verskeie stede eerder as in een stad aan te bied, wat dit meer bekostigbaar maak. Hy sê om die spele in twee of drie stede aan te bied beteken dit is meer metro’s wat die kostes kan deel en daar is meer fasiliteite om binne- en buite items aan te bied.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende