Luister nou

SSA peiling: Bevolking groei met 14-miljoen in byna 10 jaar

Deur Pretoria FM Nuusspan

30 Junie 2022

Die land se bevolking groei met ongeveer 100 000 mense per jaar en dit plaas waarskynlik druk op die lewering van dienste.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het onlangs sy jongste huishouedelike peiling bekend gestel. Hierin vergelyk SSA 2002 se bevolking en die lewering van dienste met 2021. Luidens die peiling was die bevolking in 2002, 45,92-miljoen. In 2021 was daar ‘n bevolking van 60,48-miljoen.

Ook die getal huishoudings het toegeneem. In 2002 was daar meer as 11-miljoen huishoudings in vergelyking met 2021 se byna 18-miljoen huishoudings.

Volgens SSA toon die peiling dat toegang tot die meeste basiese dienste sedert 2002 verbeter het, maar toegang tot water en krag het sedertdien in sekere provinsies ‘n afname getoon.

In 2002 het 92,5% van huishoudings in die Noord-Kaap toegang tot drinkwater gehad – op hulle erf of buite die erf. Dié syfer het effens gedaal na 90,9% in 2021 in die Noord-Kaap.

Ook in die Vrystaat was daar ‘n afname ten opsigte van drinkwater van 2%. Mpumalanga en Limpopo het elk ‘n afname van byna 4% getoon.

Ten opsigte van krag het Gauteng ‘n afname getoon. Dit wil sê huishoudings wat krag vanaf Eskom of munisipaliteite ontvang. In 2002 het 87,2% van Gautengse huishoudings toegang tot krag gehad. In 2021 het dié syfer op 82,7% gestaan.

Die peiling vergelyk ook ander dienste soos toegang tot internet, vervoer en vullisverwydering.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9

Belfast: Groeiende uitbarsting verwag

Jacinta

Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Orania

Kampusprojek van R15 miljoen op Orania beplan

DinaErnstMarais

Kruger-moorde: 3e verdagte vasgetrek

Jana le Roux

“Vermaaklike” e-pos lok woede uit

Ander Nuus Artikels

Vector of USA and Iran flag with grunge texture background. This illustration is an EPS 10 file with contains transparency effects.
’n Vredesooreenkoms is tussen die VSA en Iran bereik
Boer tot bord
Impak van regulatoriese omgewing op voedselsekerheid
DA Kandidate
DA stel 70 kandidate in ANC-wyke
Gemini_Generated_Image_h4z9g2h4z9g2h4z9
Belfast: Groeiende uitbarsting verwag
Jacinta
Onwettige immigrante: Spanning verwag soos spertyd nader

Luister nou