Luister nou

Solidariteit: Regering kaap Rugby

Deur Redaksie

Solidariteit sê die regering probeer om rugby te kaap. Dit volg ná ’n aankondiging van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, dat die komende Rugby’s Greatest Rivalry 2026-toer as ʼn beskermde gebeurtenis verklaar is. Volgens Solidariteit is hierdie besluit ʼn blatante magsvergryp wat die deur oopmaak vir groter staatsbeheer oor privaat sportgeleenthede. Dit verhoog ook kostes en beperk organiseerders se vryheid van keuse.

Solidariteit se regspan is reeds besig om kommentaar op die voorgestelde regulasies in te dien en sal die maatreëls op alle beskikbare regsgronde teenstaan.
Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), behoort die regering nie hierdie geleentheid te gebruik om omstrede verkrygingsvereistes op privaat organisasies af te dwing nie.
“Ons grootste kommer is die poging om SEB-regulasies en verkrygingsvereistes op die organiseerders van die All Black-toer af te dwing. Solidariteit betwis reeds die Wet op Openbare Verkryging in die hof. Om hierdie vereistes op onafhanklike geleenthede af te dwing terwyl die Wet steeds betwis word, maak glad nie sin nie.”

Volgens Du Buisson kom die besluit daarop neer dat die staat ʼn rugbytoer vir eie gewin probeer kaap.
“Waar laat hierdie besluit ondernemings wat reeds kontrakte vir ondersteunerstruie, bemarking en ander produkte gesluit het? Indien die wet tot sy uiterste toegepas word, sal slegs ondernemings in 100% swart besit die reg hê om Springbok-ondersteunerstruie te vervaardig of te verkoop. So ʼn uitkoms is eenvoudig absurd.”
Du Buisson sê die aankondiging skep ’n gevaarlike presedent.
“Sodra ʼn minister enigiets verklaar as in die ‘openbare belang’ en dit vervolgens aan staatsverkrygingsvereistes onderwerp, is daar feitlik geen beperking op staatsinmenging nie. Vandag is dit rugby. Môre kan dieselfde beginsel op talle ander privaat geleenthede toegepas word.” Du Buisson wys verder daarop dat die voorgestelde vereistes bykomende administratiewe laste en kostes op organiseerders plaas.
Solidariteit se hofsaak teen die Wet op Openbare Verkryging duur tans voort in die Konstitusionele Hof.

 

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek-https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/07/NUUSWEEK-Uitgawe-74-10-Jul-2026.pdf

Gewilde Nuus

Untitled design (13)

Trump klaar met “skuim” van Iran

April 11, 2026.Democratic Alliance (DA) new elected Federal leader Geordin Hill-Lewis during the Federal Congress 2026 held at Galagher Convention Centre in Midrand Johannesburg. Picture: Freddy Mavunda © Business Day

Hill-Lewis: Permanente polisieminister nodig

Placeholder_400x230

Graffiti-boekeblad 10 Julie 2026

Cilliers Brink buite hooggeregshof

Die DA sê Mettler se skorsing was onregmatig

Pretoria FM NEW-LOGO

Pretoria FM stel vandag saak oor herleistasies

Ander Nuus Artikels

Untitled design (14)
Kommer oor metro’s na Tesourie R13,5 miljard weerhou
Internasionale Perspektief nuut
Amerika, Europa en die Golflande moet nou beheer oor Hormoes neem
Untitled design (13)
Trump klaar met “skuim” van Iran
April 11, 2026.Democratic Alliance (DA) new elected Federal leader Geordin Hill-Lewis during the Federal Congress 2026 held at Galagher Convention Centre in Midrand Johannesburg. Picture: Freddy Mavunda © Business Day
Hill-Lewis: Permanente polisieminister nodig
Placeholder_400x230
Graffiti-boekeblad 10 Julie 2026

Luister nou